[ Back to previous page ]

2024 SLUIT AF MET POSITIEWE TERUGVOER Date : 10 December 2024

Goeie môre wie dit mag aangaan.

 Ek vertrou dit gaan goed. Ek wou hierdie epos al ‘n hele ruk terug stuur, maar julle weet hoe dit gaan met ons boere en admin.

Graag wil ek van hierdie geleentheid gebruik maak om net ‘n vinnige resensie te lewer oor Yolette Muller wat Woensdag 16 Oktober 2024 by my op Makoppa op die plase Kaaldraai en Diepwater waardasies kom doen het.

Ek was van die staanspoor af baie beïndruk met haar stiptelikheid en professionalisme. Sy was vriendelik en behulpsaam en het my deur die hele proses betrek en verduidelik hoe alles werk. Alhoewel die proses heelwat langer geduur het as die ander waardasies wat ek al gedoen het in die verlede, het ek gou agtergekom dat die baie meer deeglik en omvattend is as enige van die voriges. Yolette was deurentyd baie trots op haar werk en ek het waardeer dat sy elke plaas waardeer het volgens sy unieke eienskappe en nie net n generiese waardasie gedoen het soos wat ek al in die verlede by ander instansies gesien het nie.

 Ten slotte was ek bitter tevrede met die uislag wat baie vining voltooi was en waardes weerspieël het wat ek baie tevrede mee was. Ek sal haar en julle beslis aanbeveel en daarop aandring om julle weer voorentoe by my ook te gebruik.

 Beste groete,

Aart Van den Brink

[ Back to previous page ]